Skip to main content

OSI-model Inhoud Doel | Beskrywing van die OSI lae | Koppelvlakke | Tabel van voorbeelde | Sien ook | Verwysings | Eksterne skakels | Navigasie-keuseskermISO standaard 7498-1:1994Cybertelecom :: Layered Model of RegulationOSI Model TutorialOSI Model Tutorial In FlashOSI Reference Model—The ISO Model of Architecture for Open Systems Interconnection

RekenaarStandaarde


Open Systems InterconnectionprotokolstapelInternasionale Standaarde OrganisasieTCP/IPTelnetFTPSMTPHTTPMIMEdatakompressieECBDIClêerASCIIdupleksTCPdataTCPUDPSCTPdatareekseroetebepalingfoutbeheerfunksiesRoetebeheerdersInternetprotokolMAC-adresseEthernetHLDCADCCPpakkiegeskakeldeAlohaIEEE 802FDDIMACIEEE 802.2Logiese Skakelbeheerlaagbrûeskakelsfisiese laagverbindingspennespanningskabelspesifikasiesEthernetnaweherhalersnetwerkaansluitersgasheer busaansluitersParallelle SCSIEthernetToken ringFDDIIEEE 802.11Microsoft WindowsNDISODI












OSI-model




in Wikipedia, die vrye ensiklopedie






Jump to navigation
Jump to search


Die OSI-model (Open Systems Interconnection) is 'n verwysingsmodel wat 'n abstrakte beskrywing vir kommunikasie en ontwerp vir rekenaarnetwerkprotokol daarstel as deel van die Open Systems Interconnection inisiatief.




Inhoud





  • 1 Doel


  • 2 Beskrywing van die OSI lae

    • 2.1 Laag 7: Toepassingslaag


    • 2.2 Laag 6: Aanbiederslaag


    • 2.3 Laag 5: Sessielaag


    • 2.4 Laag 4: Transportlaag


    • 2.5 Laag 3: Netwerklaag


    • 2.6 Laag 2: Dataverbindingslaag


    • 2.7 Laag 1: Fisiese Laag



  • 3 Koppelvlakke


  • 4 Tabel van voorbeelde


  • 5 Sien ook


  • 6 Verwysings


  • 7 Eksterne skakels




Doel |


Die OSI-model verdeel die funksies van 'n protokol in 'n reeks lae. Elke laag het die eienskap dat dit slegs gebruik maak van die funksies van die lae daarbenede en voer slegs funksionaliteit uit na lae daarbo. 'n Stelsel wat protokolgedrag implementeer wat bestaan uit 'n reeks van hierdie lae staan bekend as 'n protokolstapel (en: protocol stack). Protokolstapels kan óf in hardeware óf in programmatuur geïmplementeer word, óf 'n mengsel van beide. Tipies word slegs die onderste lae in hardeware geïmplementeer met die boonste lae wat in sagteware geïmplementeer word.


Die rekenaar- en netwerkbedrywe voldoen grootliks aan die OSI-model. Die hoofeienskap is die koppelvlak tussen die lae wat die spesifikasies dikteer van hoe 'n laag met 'n ander saamwerk. Dit bring mee dat 'n laag wat deur een vervaardiger geskryf is saam met 'n laag wat deur 'n ander geskryf is kan saamwerk (met die aanname dat die spesifikasies korrek vertolk is).


Die logiese skeiding van lae maak die ontwerp en beredenering oor die gedrag van protokolstapels makliker en maak dit moontlik om ingewikkelde dog hoogs betroubare protokolstapels te ontwerp. Elke laag voer dienste uit vir die volgende hoër vlak en gee versoeke vir die volgende laag daaronder.


Die OSI-verwysingsmodel is 'n hiërargiese struktuur van sewe lae wat die vereistes vir kommunikasie tussen twee rekenaars definieer. Die model is gedefinieer deur die Internasionale Standaarde Organisasie in die ISO-standaard 7498-1. Dit is bedink om onderlinge werking tussen verskeie platforms en handelaars te verseker. Die model laat alle netwerkelemente toe om saam te werk, onafhanklik van wie dit vervaardig het. Teen die laat 1980's het ISO die model as 'n netwerkstandaard aanbeveel. Teen daardie tyd was die TCP/IP-internetprotokolsuite reeds jare lank in gebruik.


Slegs 'n onderdeel van die volledige OSI-model word nog deesdae gebruik. Daar word deur baie programeerders gereken dat die spesifikasie te ingewikkeld was en dat die volledige funksionaliteit te lank geneem het om te implementeer, al bestaan daar baie sterk steun vir die model by andere.



Beskrywing van die OSI lae |


Die OSI-model


Laag 7: Toepassingslaag |


Die toepassingslaag is die naaste aan die eindgebruiker. Dit verskaf aan die gebruiker 'n manier om inligting op 'n netwerk te verkry deur gebruik te maak van toepassingsagteware. Hierdie laag is die hoofkoppelvlak vir gebruikers om met die netwerk kommunikeer. Sommige voorbeelde van toepassingslaagprotokolle sluit in Telnet, FTP (File Transfer Protocol), SMTP (Simple Mail Transfer Protocol) en HTTP (Hypertext Transfer Protocol).



Laag 6: Aanbiederslaag |


Die aanbiederslaag skakel data om ten einde 'n standaard koppelvlak aan die Toepassingslaag te verskaf. MIME enkodering, datakompressie, data versluiering en soortgelyke manipulasie van die aanbieding word in hierdie laag gedoen om die data te vertoon soos die diens- of protokolontwikkelaar dit wil hê. Voorbeeld: die omskakeling van ECBDIC-gekodeerde teks lêer na 'n ASCII-gekodeerde lêer.



Laag 5: Sessielaag |


Die sessielaag beheer die dialoë (sessies) tussen rekenaars. Dit is verantwoordelik vir die opstel, bestuur en beëindiging van die verbindings tussen die plaaslike en afgeleë rekenaar. Dit maak voorsiening vir dupleks of half-duplekse werking en stel die kontrolepunte, verdaging, beëindiging en herlaai prosedures op. Die OSI-model het hierdie laag aangewys om sessies "netjies" te beëindig wat 'n eienskap is van die TCP internet protokolsuite, maar ook vir die sessie kontrolepunte en herwinning, wat nie normaalweg in die Internet protokolsuite gebruik word nie.



Laag 4: Transportlaag |


Die transportlaag verskaf die deursigtige oordrag van data tussen eindgebruikers en verwyder hierdie las van die boonste lae terwyl dit 'n betroubare en kostedoeltreffende data-oordrag verskaf. Die oordraglaag beheer die betroubaarheid van 'n betrokke verbinding. Sommige protokolle is toestand en verbinding georiënteer, wat beteken dat die transportlaag kan tred hou van die datapakkies en hulle weer kan stuur as die versending misluk het. Die mees bekende voorbeeld van 'n laag 4 protokol is die TCP (Transmission Control Protocol). Dit is die laag waar boodskappe na TCP-, UDP- (User Datagram Protocol) en SCTP-pakkies (Stream Control Transmission Protocol) omgeskakel word.



Laag 3: Netwerklaag |


Die netwerklaag verskaf die funksionele en prosedurele vermoë om veranderlike lengte datareekse vanaf 'n bron na 'n bestemming deur een of meer netwerke oor te dra en terselfdertyd die kwaliteit van diens te verseker soos deur die Oordraglaag aangevra. Die Netwerklaag voer die roetebepaling-, vloeibeheer-, segmentering/desegmentering- en foutbeheerfunksies uit. Roetebeheerders (en: Routers) werk op hierdie laag en versend data deur die uitgebreide netwerk en maak die internet moontlik. Dit is 'n logiese adresseringskema – waardes word gekies deur die netwerk ingenieur. Die adres-skema is hiërargies. Die mees bekende voorbeeld van 'n laag 3 protokol is die Internetprotokol (IP).



Laag 2: Dataverbindingslaag |


Die dataverbindingslaag verskaf die funksionele en prosedurele vermoë om data tussen netwerk eenhede oor te dra en om enige moontlike foute wat in die Fisiese laag mag voorkom op te spoor en reg te stel. Die adresseringskema is fisies wat beteken dat die adresse (MAC-adresse) in die netwerk-kaarte se elektronika tydens vervaardiging ingekodeer is. Die adresseringskema is plat. Let wel: Die mees bekende voorbeeld van hierdie laag is Ethernet. Ander voorbeelde van protokolle in die verbindingslaag is HLDC en ADCCP vir punt-tot-punt of pakkiegeskakelde netwerke en Aloha vir lokale area netwerke. Op IEEE 802 lokale area netwerke en sommige nie-IEEE 802 netwerke soos FDDI kan hierdie laag geskei word in 'n MAC-laag (en: Media Access Control en die IEEE 802.2 Logiese Skakelbeheerlaag (en: LLC of Logical Link Control).


Hierdie laag is die laag waarin brûe en skakels werk. Verbinding word voorsien slegs tussen plaaslik verbinde netwerknodes. Party mense redeneer egter dat daar 'n tussenlaag (laag 2.5) moet wees vir laasgenoemde toestelle.



Laag 1: Fisiese Laag |


Die fisiese laag definieer al die elektriese en fisiese spesifikases vir toestelle. Dit sluit in die uitleg van verbindingspenne, spannings en kabelspesifikasies. Ethernetnawe, herhalers en netwerkaansluiters en gasheer busaansluiters is toestelle in die fisiese laag. Die hoof funksies en dienste wat deur die fisiese laag verskaf word is:


  • Die opstel en beëindiging van 'n elektriese verbinding tot 'n oordragsmedium.

  • Deelname in die proses waardeur die kommunikasie hulpbronne doeltreffend deur veelvuldige gebruikers gedeel word. Onder andere die opklaar van betwiste hulpbronne en vloeibeheer.


  • Modulasie of die omskakeling van die digitale data in die gebruiker se toerusting na die ooreenstemmende seine wat oorgedra word oor 'n kommunikasiekanaal. Hierdie seine word oor fisiese kabels – hetsy koper of optiese vesels of andersins oor 'n radioverbinding.

Parallelle SCSI-busse werk op hierdie vlak. Verskeie fisiese laag Ethernet-standaarde werk ook op hierdie vlak; Ethernet sluit beide hierdie laag en die dataverbindingslaag in. Dieselfde geld vir ander lokale area netwerke soos byvoorbeeld Token ring, FDDI (en: Fiber distributed data interface) en IEEE 802.11.



Koppelvlakke |


Bykomend tot die standaarde vir indiwiduele protokolle is daar ook standaarde vir die koppelvlakke vir die lae om met die lae daarbowe en daarbenede te kommunikeer (Hierdie standaarde is gewoonlik bedryfstelsel spesifiek). Microsoft Windows se Winsock en Unix se Berkeley sockets en System V Transport Layer Interface is koppelvlakke tussen toepassings (laag 5 en boontoe) en die oordragslaag (laag 4). NDIS en ODI is koppelvlakke tussen die media (laag 2) en die netwerkprotokol-laag (laag 3).



Tabel van voorbeelde |



















































































Laag
Verskeie voorbeelde

TCP/IP suite

SS7

AppleTalk suite

OSI suite

IPX suite

SNA

UMTS
#
Naam
7
Toepassing

HL7, Modbus, SIP

HTTP, SMTP, SMPP, SNMP, FTP, Telnet, NFS, NTP, RTP

ISUP, INAP, MAP, TUP, TCAP

AFP

FTAM, X.400, X.500, DAP


APPC

6
Aanbieder

TDI, ASCII, EBCDIC, MIDI, MPEG

XDR, SSL, TLS


AFP
ISO 8823, X.226



5
Sessie

Named Pipes, NetBIOS, SAP, SDP
Sessie opstelling vir TCP


ASP, ADSP, ZIP, PAP
ISO 8327, X.225

NWLink

DLC?

4
Transport

NetBEUI

TCP, UDP, SCTP


ATP, NBP, AEP, RTMP
TP0, TP1, TP2, TP3, TP4, OSPF

SPX, RIP


3
Netwerk

NetBEUI, Q.931

IP, ICMP, IPsec, ARP, RIP, BGP

MTP-3, SCCP

DDP

X.25 (PLP), CLNP

IPX

RRC (Radio Resource Control)
2
Dataverbinding

Ethernet, 802.11 (WiFi), Token Ring, FDDI, PPP, HDLC, Q.921, Frame Relay, ATM, Fibre Channel


MTP-2

LocalTalk, TokenTalk, EtherTalk, AppleTalk Remote Access, PPP

X.25 (LAPB), Token Bus

IEEE 802.3 framing, Ethernet II framing

SDLC

MAC
1
Fisiese

RS-232, V.35, V.34, Q.911, T1, E1, 10BASE-T, 100BASE-TX, ISDN, POTS, SONET, DSL, 802.11b, 802.11g


MTP-1
Localtalk on shielded, Localtalk on unshielded (PhoneNet)

X.25 (X.21bis, EIA/TIA-232, EIA/TIA-449, EIA-530, G.703)

Twinax
PHY (Fisiese Laag)


Sien ook |


  • DoD-model

  • Lys van netwerk protokolle

  • OSI-protokol

  • Node


Verwysings |


  • Artikel in die Engelse wikipedia oor die OSI-model


Eksterne skakels |


  • ISO standaard 7498-1:1994

  • Cybertelecom :: Layered Model of Regulation

  • OSI Model Tutorial

  • OSI Model Tutorial In Flash


  • OSI Reference Model—The ISO Model of Architecture for Open Systems Interconnection, Hubert Zimmermann, IEEE Transactions on Communications, vol. 28, no. 4, April 1980, pp. 425 – 432.




Ontsluit van "https://af.wikipedia.org/w/index.php?title=OSI-model&oldid=1625887"













Navigasie-keuseskerm


























(RLQ=window.RLQ||[]).push(function()mw.config.set("wgPageParseReport":"limitreport":"cputime":"0.044","walltime":"0.051","ppvisitednodes":"value":227,"limit":1000000,"ppgeneratednodes":"value":0,"limit":1500000,"postexpandincludesize":"value":0,"limit":2097152,"templateargumentsize":"value":0,"limit":2097152,"expansiondepth":"value":2,"limit":40,"expensivefunctioncount":"value":0,"limit":500,"unstrip-depth":"value":0,"limit":20,"unstrip-size":"value":0,"limit":5000000,"entityaccesscount":"value":0,"limit":400,"timingprofile":["100.00% 0.000 1 -total"],"cachereport":"origin":"mw1323","timestamp":"20190725172224","ttl":2592000,"transientcontent":false););"@context":"https://schema.org","@type":"Article","name":"OSI-model","url":"https://af.wikipedia.org/wiki/OSI-model","sameAs":"http://www.wikidata.org/entity/Q93312","mainEntity":"http://www.wikidata.org/entity/Q93312","author":"@type":"Organization","name":"Contributors to Wikimedia projects","publisher":"@type":"Organization","name":"Wikimedia Foundation, Inc.","logo":"@type":"ImageObject","url":"https://www.wikimedia.org/static/images/wmf-hor-googpub.png","datePublished":"2006-06-28T10:39:14Z","dateModified":"2017-11-21T05:52:12Z"(RLQ=window.RLQ||[]).push(function()mw.config.set("wgBackendResponseTime":116,"wgHostname":"mw1331"););

Popular posts from this blog

Invision Community Contents History See also References External links Navigation menuProprietaryinvisioncommunity.comIPS Community ForumsIPS Community Forumsthis blog entry"License Changes, IP.Board 3.4, and the Future""Interview -- Matt Mecham of Ibforums""CEO Invision Power Board, Matt Mecham Is a Liar, Thief!"IPB License Explanation 1.3, 1.3.1, 2.0, and 2.1ArchivedSecurity Fixes, Updates And Enhancements For IPB 1.3.1Archived"New Demo Accounts - Invision Power Services"the original"New Default Skin"the original"Invision Power Board 3.0.0 and Applications Released"the original"Archived copy"the original"Perpetual licenses being done away with""Release Notes - Invision Power Services""Introducing: IPS Community Suite 4!"Invision Community Release Notes

Canceling a color specificationRandomly assigning color to Graphics3D objects?Default color for Filling in Mathematica 9Coloring specific elements of sets with a prime modified order in an array plotHow to pick a color differing significantly from the colors already in a given color list?Detection of the text colorColor numbers based on their valueCan color schemes for use with ColorData include opacity specification?My dynamic color schemes

Tom Holland Mục lục Đầu đời và giáo dục | Sự nghiệp | Cuộc sống cá nhân | Phim tham gia | Giải thưởng và đề cử | Chú thích | Liên kết ngoài | Trình đơn chuyển hướngProfile“Person Details for Thomas Stanley Holland, "England and Wales Birth Registration Index, 1837-2008" — FamilySearch.org”"Meet Tom Holland... the 16-year-old star of The Impossible""Schoolboy actor Tom Holland finds himself in Oscar contention for role in tsunami drama"“Naomi Watts on the Prince William and Harry's reaction to her film about the late Princess Diana”lưu trữ"Holland and Pflueger Are West End's Two New 'Billy Elliots'""I'm so envious of my son, the movie star! British writer Dominic Holland's spent 20 years trying to crack Hollywood - but he's been beaten to it by a very unlikely rival"“Richard and Margaret Povey of Jersey, Channel Islands, UK: Information about Thomas Stanley Holland”"Tom Holland to play Billy Elliot""New Billy Elliot leaving the garage"Billy Elliot the Musical - Tom Holland - Billy"A Tale of four Billys: Tom Holland""The Feel Good Factor""Thames Christian College schoolboys join Myleene Klass for The Feelgood Factor""Government launches £600,000 arts bursaries pilot""BILLY's Chapman, Holland, Gardner & Jackson-Keen Visit Prime Minister""Elton John 'blown away' by Billy Elliot fifth birthday" (video with John's interview and fragments of Holland's performance)"First News interviews Arrietty's Tom Holland"“33rd Critics' Circle Film Awards winners”“National Board of Review Current Awards”Bản gốc"Ron Howard Whaling Tale 'In The Heart Of The Sea' Casts Tom Holland"“'Spider-Man' Finds Tom Holland to Star as New Web-Slinger”lưu trữ“Captain America: Civil War (2016)”“Film Review: ‘Captain America: Civil War’”lưu trữ“‘Captain America: Civil War’ review: Choose your own avenger”lưu trữ“The Lost City of Z reviews”“Sony Pictures and Marvel Studios Find Their 'Spider-Man' Star and Director”“‘Mary Magdalene’, ‘Current War’ & ‘Wind River’ Get 2017 Release Dates From Weinstein”“Lionsgate Unleashing Daisy Ridley & Tom Holland Starrer ‘Chaos Walking’ In Cannes”“PTA's 'Master' Leads Chicago Film Critics Nominations, UPDATED: Houston and Indiana Critics Nominations”“Nominaciones Goya 2013 Telecinco Cinema – ENG”“Jameson Empire Film Awards: Martin Freeman wins best actor for performance in The Hobbit”“34th Annual Young Artist Awards”Bản gốc“Teen Choice Awards 2016—Captain America: Civil War Leads Second Wave of Nominations”“BAFTA Film Award Nominations: ‘La La Land’ Leads Race”“Saturn Awards Nominations 2017: 'Rogue One,' 'Walking Dead' Lead”Tom HollandTom HollandTom HollandTom Hollandmedia.gettyimages.comWorldCat Identities300279794no20130442900000 0004 0355 42791085670554170004732cb16706349t(data)XX5557367