19 Augustus Inhoud Gebeure | Geboortes | Sterftes | Vakansies, vierings, en waarnemingsdae | Navigasie-keuseskerm
Augustus
Gregoriaanse kalenderskrikkeljare
19 Augustus
Jump to navigation
Jump to search
<< | Augustus 2019 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 |
Al die dae |
19 Augustus is die 231ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (232ste in skrikkeljare). Daar volg nog 134 dae in die res van die jaar.
Inhoud
1 Gebeure
2 Geboortes
3 Sterftes
4 Vakansies, vierings, en waarnemingsdae
Gebeure |
1458 – Pous Pius II volg Pous Callixtus III op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
1692 – In Salem, Massachusetts word vyf vroue en 'n geestelike tereggestel nadat hulle skuldig bevind is aan heksery.
1744 – Pous Benedictus XIV publiseer Cum semper oblatas waarin priesters aangesê word om gereeld die mis op te dra.
1930 – Die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) word in Kaapstad gestig.
1940 – Tweede Wêreldoorlog: Britse bomwerpers bombardeer die gebied tussen Diessenhofen en Schlatt (Kanton Thurgau) in Switserland. Switserland was ´n neutrale land tydens die Tweede Wêreldoorlog.
1940 – Tweede Wêreldoorlog: In Oos-Afrika word Brits-Somaliland aan Italië afgestaan ná die inval wat op 4 Augustus begin het.
1942 – Tweede Wêreldoorlog: Geallieerde magte, meestal Kanadees, val Dieppe, Frankryk, binne in die Dieppe-inval.
1953 – A.L. Geyer lewer 'n praatjie by die Rotariërklub in Londen om te verduidelik hoekom apartheid "die beste beleid" vir alle rasse in Suid-Afrika is.
1968 – Nigeriese federale troepe val veelvuldige teikens in Biafra aan en 2 000 mense sterf na bewering in die gepaardgaande bloedbad.
1989 – Tydens die Paneuropese Piekniek vlug meer as 600 burgers van die Duitse Demokratiese Republiek (DDR) met Hongaarse ondersteuning na die Weste – die begin van die einde van die DDR.
1990 – In Soweto eis bloedige geweld tussen die aanhangers van die ANC en Inkatha 222 slagoffers.
1991 – In die mislukte Sowjet-staatsgreeppoging van 1991 deur Kommunistiese konserwatiewe elemente, word aangekondig dat Michail Gorbatsjof siek is en van sy amp as president onthef is.
Geboortes |
1646 – John Flamsteed Engelse sterrekundige († 1719).
1883 – Coco Chanel, Franse mode-ontwerpster († 1971).
1946 – Bill Clinton, 42ste President van die Verenigde State.
1965 – Johan Botha, Suid-Afrikaanse tenoor († 2016).
1983 – Reeva Steenkamp, Suid-Afrikaanse model († 2013).
1987 – Nico Hülkenberg, Duitse Formule Een-renjaer.
Sterftes |
1662 – Blaise Pascal 'n Franse wiskundige, fisikus, en godsdienstige filosoof (* 1623).
1969 – Ludwig Mies van der Rohe, Duitse argitek, (* 1886)
1951 – Barry Heatlie, Suid-Afrika se vyfde Springbokkaptein (* 1872).
2000 – Harry Oppenheimer, Suid-Afrikaanse mynmagnaat (* 1908).
Vakansies, vierings, en waarnemingsdae |
Kategorie:
- Augustus
(RLQ=window.RLQ||[]).push(function()mw.config.set("wgPageParseReport":"limitreport":"cputime":"0.036","walltime":"0.048","ppvisitednodes":"value":225,"limit":1000000,"ppgeneratednodes":"value":0,"limit":1500000,"postexpandincludesize":"value":2585,"limit":2097152,"templateargumentsize":"value":679,"limit":2097152,"expansiondepth":"value":5,"limit":40,"expensivefunctioncount":"value":0,"limit":500,"unstrip-depth":"value":0,"limit":20,"unstrip-size":"value":0,"limit":5000000,"entityaccesscount":"value":0,"limit":400,"timingprofile":["100.00% 16.201 1 Sjabloon:AugustusKalender","100.00% 16.201 1 -total"," 21.02% 3.406 1 Sjabloon:Kalender/Son1steMaandBeginDo."],"cachereport":"origin":"mw1280","timestamp":"20190817112419","ttl":86400,"transientcontent":true););"@context":"https://schema.org","@type":"Article","name":"19 Augustus","url":"https://af.wikipedia.org/wiki/19_Augustus","sameAs":"http://www.wikidata.org/entity/Q2829","mainEntity":"http://www.wikidata.org/entity/Q2829","author":"@type":"Organization","name":"Contributors to Wikimedia projects","publisher":"@type":"Organization","name":"Wikimedia Foundation, Inc.","logo":"@type":"ImageObject","url":"https://www.wikimedia.org/static/images/wmf-hor-googpub.png","datePublished":"2004-02-05T16:07:45Z","dateModified":"2019-08-05T16:29:59Z","headline":"datum"(RLQ=window.RLQ||[]).push(function()mw.config.set("wgBackendResponseTime":115,"wgHostname":"mw1258"););