Worsboom Inhoud Etimologie | Verbouing en gebruike | Sien ook | Verwysings | Eksterne skakels | Navigasie-keuseskermPlantZAfrica: Kigelia africanaAfrican Wild HarvestGermplasm Resources Information Network (GRIN): Kigelia africanaTravel Africa: Sausage Treeuit te brei
Bome van Afrika
genusangiospermsfamilieBignoniaceaespesieAfrikaEritreaTsjadSuid-AfrikaSenegalNamibiëBantoenaamArabieseslangbytesifilisbiermokorosierplant
Worsboom
Jump to navigation
Jump to search
| Worsboom (Kigelia africana) | ||||||||||||||||
|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
S.A. nasionale nommer: 678 [1] | ||||||||||||||||
Wetenskaplike klassifikasie | ||||||||||||||||
| ||||||||||||||||
Binomiale naam | ||||||||||||||||
Kigelia africana (Lam.) Benth. | ||||||||||||||||
Die Worsboom (Kigelia) is 'n genus van angiosperms (blommende plante) in die familie Bignoniaceae. Die genus bestaan uit slegs een spesie, Kigelia africana. Dit kom reg deur tropiese Afrika vanaf Eritrea en Tsjad, suid tot noordelike Suid-Afrika, en die weste van Senegal en Namibië voor.
Inhoud
1 Etimologie
2 Verbouing en gebruike
3 Sien ook
4 Verwysings
5 Eksterne skakels
Etimologie |
Blare
Blom
Vrugstok
Vrugte
Bas
Die boom se genusnaam is afgelei van die Mosambiekse Bantoenaam, kigeli-keia. Die algemene naam is Worsboom of Sausage Tree in Engels. Die boom se Arabiese naam verwys na "die pa van groot sakke" (Roodt, 1992).
Verbouing en gebruike |
Vrugte van die boom word vir 'n verskeidenheid van tradisionele Afrika-kure aangewend. Daar word geglo dat die vrugte vir rumatiek, slangbyte, bose geeste, sifilis, en selfs vir tornado's (Watkins, 1975) werk. 'n Alkoholiese drank soortgelyk aan bier word ook daarvan gemaak. Die vars vrugte is giftig en is 'n sterk purgeermiddel. Die vrugte word gedroog, gebraai of gefermenteer (Joffe 2003; Mc-Burney 2004) om dit vir menslike gebruik voor te berei. In Botswana word die boom se hout vir mokoro's (mekoro), jukke en rieme gebruik (Roodt 1992). Dit word selfs vir 'n aantal velsorg-produkte ingespan.
Die boom word algemeen as 'n sierplant in tropiese gebiede (vir sy dekoratiewe blomme en ongewone vrugte) gegroei. Die plekke waar dit aangeplant word moet egter met groot omsigtigheid gekies word. As die vrugte val kan dit ernstige besering veroorsaak en skade aan geparkeerde voertuie onder die bome aanrig.
Sien ook |
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Verwysings |
↑ Van Wyk, Piet (2008). Field guide to the TREES of the Kruger National Park. Kaapstad: Struik. p. 213. ISBN 978-1-77007-759-1.
- del Hoyo, J., Elliott, A., & Sargatal, J., eds. (1997). Handbook of the Birds of the World 4: 415. Lynx Edicions.
- Huxley, A., ed. (1992). Kigelia. In The New RHS Dictionary of Gardening 2: 735. Macmillan.
- Joffe, P. (2003). PlantZAfrica: Kigelia africana.
- McBurney, R. (2004). African Wild Harvest. Royal Botanic Gardens, Kew.
- Roodt, Veronica (1992). Kigelia Africana in The Shell Field Guide to the Common Trees of the Okavango Delta and Moremi Game Reserve. Gaborone, Botswana.
Germplasm Resources Information Network (GRIN): Kigelia africana.
Travel Africa: Sausage Tree.
Eksterne skakels |
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Worsboom.
Wikispecies het meer inligting verwant aan: Worsboom
Kategorie:
- Bome van Afrika
(RLQ=window.RLQ||[]).push(function()mw.config.set("wgPageParseReport":"limitreport":"cputime":"0.192","walltime":"0.246","ppvisitednodes":"value":589,"limit":1000000,"ppgeneratednodes":"value":0,"limit":1500000,"postexpandincludesize":"value":6285,"limit":2097152,"templateargumentsize":"value":794,"limit":2097152,"expansiondepth":"value":6,"limit":40,"expensivefunctioncount":"value":0,"limit":500,"unstrip-depth":"value":0,"limit":20,"unstrip-size":"value":1014,"limit":5000000,"entityaccesscount":"value":0,"limit":400,"timingprofile":["100.00% 158.512 1 -total"," 50.26% 79.661 1 Sjabloon:Verwysings"," 43.54% 69.022 1 Sjabloon:Cite_book"," 39.45% 62.538 1 Sjabloon:Taksoboks"," 3.95% 6.257 1 Sjabloon:Commonskat-inlyn"," 3.94% 6.249 10 Sjabloon:Taksoboks_kleur"," 3.64% 5.766 1 Sjabloon:Wikispecies-inlyn"," 2.35% 3.727 1 Sjabloon:Saadjie"],"scribunto":"limitreport-timeusage":"value":"0.030","limit":"10.000","limitreport-memusage":"value":1328562,"limit":52428800,"cachereport":"origin":"mw1244","timestamp":"20190514131408","ttl":2592000,"transientcontent":false););"@context":"https://schema.org","@type":"Article","name":"Worsboom","url":"https://af.wikipedia.org/wiki/Worsboom","sameAs":"http://www.wikidata.org/entity/Q522883","mainEntity":"http://www.wikidata.org/entity/Q522883","author":"@type":"Organization","name":"Contributors to Wikimedia projects","publisher":"@type":"Organization","name":"Wikimedia Foundation, Inc.","logo":"@type":"ImageObject","url":"https://www.wikimedia.org/static/images/wmf-hor-googpub.png","datePublished":"2010-11-14T07:43:15Z","dateModified":"2017-07-06T13:46:27Z","image":"https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/1/18/Kigelia_africana_in_Murchison_Falls_National_Park.jpg"(RLQ=window.RLQ||[]).push(function()mw.config.set("wgBackendResponseTime":117,"wgHostname":"mw1250"););